• U naam:
  • Vandag se datum:
  • Hoe gaan dit met u KOLS? Doen die KOLS-toets*.

    *In Engels: COPD Assessment Test™ (CAT)

    Hierdie vraelys gaan oor u KOLS (kroniese obstruktiewe lugwegsiekte). Dit sal u en u gesondheidsorgkundige help om die impak te meet wat die siekte op u welstand en daaglikse lewe het. U en u gesondheidsorgkundige kan u antwoorde en die toets se uitslag gebruik om die praktiese hantering van u KOLS te help verbeter. Dit kan u ook help om die grootste voordeel uit behandeling te trek.

    Indien u die vraelys met die hand op papier wil voltooi, klik asseblief hier en maak dan ’n drukstuk van die vraelys.

    Kies vir elke item hier onder die antwoord waardeur u tans die beste beskryf word. Maak seker dat u slegs een antwoord vir elke vraag kies.

    Voorbeeld: Ek is baie gelukkig

    0
    X
    2
    3
    4
    5

    Ek is baie hartseer

    TELLING

    Ek hoes nooit nie

    Ek hoes die hele tyd

    Ek het glad geen slym (mukus) op die bors nie

    My bors is heeltemal vol slym (mukus)

    My bors voel glad nie toe nie

    My bors voel baie toe

    Wanneer ek teen ’n heuwel op stap of een stel trappe tussen vloere klim, is ek nie uitasem nie

    Wanneer ek teen ’n heuwel op stap of een stel trappe tussen vloere klim, is ek baie uitasem

    Ek word nie beperk in enige aktiwiteite wat ek tuis doen nie

    Ek word baie beperk in aktiwiteite wat ek tuis doen

    Ek het ten spyte van my longtoestand vertroue dat ek my uitasemheid kan hanteer wanneer ek my tuiste verlaat

    Ek het vanweë my longtoestand glad nie vertroue dat ek my uitasemheid kan hanteer wanneer ek my tuiste verlaat nie

    Ek slaap vas

    Ek slaap vanweë my longtoestand nie vas nie

    Ek het hope energie

    Ek het glad geen energie nie

    Die COPD-evalueringstoets is ontwikkel deur ’n multidissiplinêre groep van internasionale kundiges oor COPD, met bystand deur GSK. GSK-handelinge oor die COPD-evalueringstoets word oorsien deur ’n reguleringsraad wat onafhanklike eksterne kundiges insluit. Een van hierdie kundiges is die voorsitter van dié raad.

    CAT, die COPD-evalueringstoets, en die CAT-logo is handelsmerke van die GSK-groepmaatskappye. ©2009 GSK. Alle regte voorbehou.

    Fout.

    Beantwoord asseblief al die vrae in die toets voordat u u totale telling bepaal.

    For optimal viewing, please rotate your mobile device's screen orientation to landscape.